Klein Pietie

All Jokes Go Here Incl picture Jokes!! Keep it Clean

Klein Pietie

Postby brutegirl » Fri Nov 04, 2011 5:13 pm

Klein Pietie slaan in die kombuis uit en tune sy ma hy wil praat oor
geskenke. "Ma," reken die mannetjie. "Ek soek 'n fiets vir Krismis." Maar
Pietie is eintlik bitter stout en maak altyd moeilikheid by die skool en
met sy gesin. Sy ma reken hy moet eers dink aan sy optrede deur die jaar.
Dan moet hy vir Jesus 'n briefie skryf en verduidelik hoekom hy n fiets
moet kry.
Hoogs befoeterd, gaan Pietie na sy kamer toe.

Brief 1
Liewe Jesus ,
Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb 'n fiets kry vir Krismis? 'n
Rooie..
Pietie

Na hy bietjie gedink het weet Pietie hierdie storie gaan nie werk
nie. Hy was regtig onmoontlik stout deur die jaar.

Brief 2
Liewe Jesus ,
Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van 'n rooi fiets vir Krismis
Shot
Pietie

Weer weet Pietie hy vat 'n kans . Hy skeur die briefie op en begin
oor.

Brief 3
Liewe Jesus ,
Ek was 'n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my 'n fiets
kan gee vir Krismis.
Pietie

Amper dadelik weet Pietie dit gaan nie werk nie. Nou's hy eers
kwaad.
Hy's uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy
dink: mooi, die plan het gewerk. hy dink nou anders oor die saak. "Wees
net betyds vir ete," roep sy agterna.
By die kerk gekom stap Pietie na die altaar toe. Hy kyk rond , sien
niemand, en steel die Maria beeldjie.
By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok nader
Nou's hy reg vir die brief.

Brief 4
EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN , STUUR 'N FIETS - 'N ROOIE.
GETEKEN - JY WEET WIE.
User avatar
brutegirl
Junior Member
 
Posts: 257
Joined: Fri Apr 02, 2010 5:10 am

Return to Joke Thread

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron